20 Maart 2026 | 7:00 PM
Rivier Plaas Wedding Venue
Langenhoven Rd, Sherman Park AH, Meyerton, 1961
DRESS CODE
Semi-formeel
Geen jeans, kort broeke, tekkies of plakkies nie.
AANKOMSTYD
Geskenke
Al sal ons meer as tevrede wees met dit wat U sak pas, is ń geldjie in die sak beter as ń persentjie op die rak
Kinders
Hoewel ons lief is vir julle kleingoed, sal hierdie viering slegs vir volwassenes wees.
’n Liefdesverhaal wat begin op ’n skoolbus… In 2017 het Ané en Bernand se paaie mekaar gekruis — nie by ’n romantiese ete of ’n deftige partytjie nie, maar op ’n besige skoolbus tydens ontgroening. Ané, toe ’n graad 8’tjie, was alles behalwe skaam: met haar geel geverfde kolle, sewe poniesterte, ’n swart getande glimlag en haar laerskool-drag so bietjie agterstevoor, het sy heel voor in die bus gesit. Sonder om twee keer te dink het sy die seniors, heel agter in die bus, laat weet dat die Jack Parrow-musiek (op daardie stadium van haar lewe) glad nie van pas is nie. Bernand, ’n senior op daardie stadium, het dadelik opgespring — gereed om hierdie dapper graad 8-dogtertjie stil te maak en haar te laat verstaan dat ’n mens op die bus eerder gesien as gehoor moet word. Maar toe gebeur iets onverwags… Sy Bruin oë ontmoet hare, geel kolle en al, en net daar sak hy terug in sy sitplek. Die musiek word verander — en hy kondig sommer vir sy vriende aan dat hy eendag met hierdie dogtertjie gaan trou. En kyk nou net — 9 jaar later het die bus stilgehou, die musiek verander… maar die liefde het gebly.
RSVP
Ons sal dit waardeer indien julle ons so gou moontlik laat weet of julle saam met ons ons groot dag kan vier, deur die RSVP-vorm in te vul.
Slegs volwassenes word vriendelik uitgenooi.
RSVP voor of op:
27 Februarie 2026